• Aston lake – ons eerste indrukke so paar jaar terug, was als behalwe goed. Ons het solidly geblank. Tot Desember toe ons genooi was om daar te gaan hengel. Ek moet eerlik wees, ons was baie skepties, maar dit het gou verander. Die visse het goed uitgekom, en mooi visse! Ek was baie beïndruk met dié dam & die kwaliteit vis wat uitkom.

      Die byt tempo was insane. Ons het talle karpe van 6kg geland en baie babers van 8+ kg. Al het dit verskriklik baie gereën deur die week wat ons daar was.

      Dit is veilig om te sê dat die vis op enige kombinasies aktief gebyt het. Wat wel vir ons uitgestaan het was Anys, Garlic & Strawberry. So nou en dan het ons coconut ook gebruik met groot sukses.

      Die hengel is goed en ek glo vas as hulle bietjie moeite doen met die opgradering van die venue, dit ongelooflik vol sal wees. Die winkel op die perseel is voldoende & daar is talle winkels in die omgewing wat sal hê wat jy nodig het.

      Die badkamers is nié van die beste gehalte nie maar ek is oortuig daarvan dat hulle dit kan bekostig om die plek bietjie op te gradeer.

      All in all, ñ nice venue wat mooi vis lewer & ons sal beslis weer daar ñ draai maak.

      1:02

      lv_0_20250423141802

      1:02

      CHRISTIAAN DE BEER, Raymano Venter and 2 others
      1 Comment