-
Vir Shorty en sy vriend, Juvan, was dit ñ groot voorreg om vir Christiaan & Raymano te ontmoet. Toe ons op pad terug huistoe is, het Shorty genoem dat hy graag meer met Legends legacy series se produkte wil hengel – veral omdat ons reeds ñ groot verskeidenheid van dié produkte besit.
Groot was Shorty se opgewondenheid toe ons besluit het om offisieël deel te vorm van Legends legacy series. Al ons papgooi avonture sal eersdaags met Legends legacy series produkte aangepak word.
Die geure, kleure en consistancy van die produkte staan uit, en Shorty glo vas dat hy van nou af ook sulke groot visse soos oom Barend, oom Christiaan & oom Raymano gaan vang.
HengelReise se top geure van Legends by die Vaaldam & Vaalrivier sisteem sluit in die volgende:
1. Brave heart.
2. Game time.
3. Gladiator.
4. Killer instinct.
5. Dragonfire
6. Tracer
7. Victory