-
Ek het gister 2025/05/31 se visvang kompetisie Vaaldam Cast Master gevang by Biermanns. Die oewer was vol met net n paar stands wat oop was asgevolg van die mense wat nie op gedaag het vir die komp nie. Baie mistig gewees in die oggend en wat eers teen half tien die oggend begin lig het, toe het ons n wonderlikke sonskyn dag gehad. Die visse was maar skaars, almal het gesukkel om byte te kry. Die wen vis het maar die skaal getrek op 3.7kg, en die grootste Baber het ook n skrale 3.75kg geweeg, as ek reg kan onthou. ek en my pen maat Allex Nienaber kon darm daarin slaag om ook n vis te land, Allex se vis het maar 1.7kg geweeg, my vis het ons nie geweeg nie, maar het seker so n 1kg geweeg. Daar was baie spot pryse ook gewees. Baie dankie aan al die sponsors en Corjan en sy span vir al julle harde werk en ure wat julle in gesit het om dit n reuse sukses te kon maak. Ons het vergeet om n foto van Allex en sy vis te neem.